Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive




SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 9 AUGUSTUS 2015



Goeiemôre, en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)



Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 plaaslike Tyd in Afrikaans en om 08:30 plaaslike Tyd in Engels landswyd 'n nuusbulletin uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Vir Echolink-luisteraars is daar 'n herleiding deur ZS0JPL.



Hierdie oudiobulletin kan van die Liga se webblad by www.sarl.org.za afgelaai word. 'n Teks weergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per epos te ontvang.



Ons begin die week se bulletin met twee sleutels.



Dit is met leedwese dat ons verneem het van die afsterwe van Garth Williams, ZS6GW. Garth het die afgelope Dinsdagaand 4 Augustus in ʼn motor ongeluk gesterf. Ons innige meegevoel met sy vrou, Rosemary, dogter, Claire en seun, Kevin. Garth sal gemis word.



Ons neem ook kennis van Andrew Jansen, ZS5AND wat die week ʼn stil sleutel geword het na ʼn lang hospitaal siekbed. Andrew was voorsitter van die Zululand Amateur Radio Klub. Ook hier betuig ons, ons innige simpatie met die naasbestaandes.





POUSE



In die nuus vandag.



HET JY AL JOU SARL LIDMAATSKAP HERNU?



SARL STEL ʼn NUWE RAE EN OPLEIDING BESTUURDER AAN



REGISTRASIE VIR DIE OKTOBER RAE EKSAMEN IS NOU OOP



ASEMROWENDE FEITE OMTRENT DIE VIERKANTE KILOMETER REEKS RADIOTELESKOOP





Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus items.



** Het jy al jou SARL lidmaatskap hernu?

SARL lidmaatskap loop van 1 Julie tot 30 Junie die volgende jaar. Om dit maklik te maak vir lede, word die name van diegene wat nie hernu het nie, eers uit die databasis gehaal aan die einde van Augustus.

Hernuwingskennisgewings sal gedurende hierdie week uitgestuur word. Sou jy nie hernu voor 30 Augustus nie, sal jy nie meer 'n lid wees nie. Doen die regte ding en ondersteun die SARL, die nasionale liggaam vir amateurradio in Suid-Afrika.



Baie dankie aan al die lede wat reeds hernu het.



** Nick Dreyer, ZS6NCK is aangestel as die SARL Radio Amateur Eksamen en Opleiding Bestuurder. Hy neem oor van Gideon Jannasch, ZS4GJA wat as raadslid bedank het as gevolg van werkslading. Die RAE was Gideon se hoof fokus die afgelope paar jaar. Afgesien van die feit dat hy twee poste by sy werk beklee het, het hy ook die klas B eksamen hanteer, wat die afgelope Saterdag plaasgevind het, en hy het ook nog tyd met die nuwe RAE bestuurder spandeer om die Oktober eksamen beplanning af te handel. Die SARL wil sy dank uitspreek teenoor Gideon vir sy waardevolle bydrae in diens van die SARL.



Nick is n voormalige voorsitter van die Wes Rand Klub en het baie goeie ondervinding met Opleiding aangeleenthede. Die amp sal voortaan bekend staan as die RAE en Opleiding Bestuurder met administratiewe steun deur die SARL Administrateur, Vonnie Oelofse. Nick kan gekontak word deur epos rae@sarl.org.za en Vonnie by admin@sarl.org.za of bytelefoon niommer 011 675 2393



** Die RAE registrasie stelsel is oop vir registrasies vir die eksamen wat plaasvind op 15 Oktober 2015. Koste beloop R475.00 vir kandidate ouer as 25 jaar en R375.00 vir kandidate onder 25 jaar. Die sluitings datum vir registrasies is om middernag 3 September 2015. Alle registrasies word gedoen op die RAE se elektroniese stelsel. Kandidate word herinner om die volgende dokumente op die stelsel te laai;

· ‘n Kopie van hul identifikasie dokument

· OKOSA se handtekening dokument

· Bewys van betaling

· Nie-Suid Afrikaanse burgers moet bewys van residensie ook verskaf.



Klubs kan die RAE adverteer en so veel as moontlik bemark. Vir enige navrae of ondersteuning kontak die RAE Bestuurder by e-pos rae@sarl.org.za of selfoon nommer 082 4541272





U luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga.



** ASEMROWENDE FEITE OMTRENT DIE VIERKANTE KILOMETER REEKS RADIOTELESKOOP

In Engels bekend as SKA, die Vierkante Kilometer Reeks Radioteleskoop (VKRR) is die grootste radio wetenskap projek hierdie eeu wat van die mees tegnologiese vooruitsigte in die veld van radio astronomie inhou.



1. Die hoeveelheid data wat die VKRR in eendag sal versamel sal amper twee miljoen jaar neem om op ʼn iPod terug te speel.

2. Die VKRR sal so sensitief wees dat dit ʼn lughawe radar op ʼn verre planeet sowat tien ligjare ver sal optel.

3. Die VKRR se sentrale rekenaar verwerkingskrag is gelykstaande aan amper een honderd miljoen Persoonlike Rekenaars.

4. Die 3000 skottels van die VKRR in Suid Afrika, wat ontwerp is om nou-veld hoë resolusie te dek, sal 10 keer meer data as die wêreld se internet verkeer genereer.

5. Die VKRR gebruik genoeg veseloptiese kabel om twee maal om die wêreld te gaan.

6. Die VKRR inAustralië, wat ʼn wye veld bedien, sal 100 keer die wêreld se internet verkeer genereer.



** HONDERD MILJOEN DOLLAR SOEKTOGNA VREEMDE LEEFVORME DEUR GEBRUIK TE MAAK VAN RADIO

January 2016 sal die begin wees van die mees gevorderde en intense soektoeg na inteligente lewe in die buite ruimte deur gebruik te maak van twee beheerbare radioteleskope naamlik, die Green Bank Observatory in West Virginia, VSA, en die Parkes Observatory in New South Wales, Australië.



Hierdie inisiatief was bekend gestel by die Royal Society of London deur Professor Stephen Hawking en van die wêreld se voorste kundiges soos bv. die astroloog Lord Martin Rees, Geoff Marcy watmeer exoplanete as enige iemand anders ontdek het, en die Verenigde State astroloog Dr. Frank Drake watSETI baanbreker werk gedoen het. Die enigste borg vir die $100 miljoen projek is die Russiese billionêr Yuri Milner, wie op gereelde basis bydraes to die wetenskap maak.



Dit word verwag dat radio syne vanaf die naaste 1000 sterre ontvang sal word, maar baie sterk radar syne mag dalk opgetel word van sover as die middlepunt van ons melkweg. In teenstelling sal die Lick Observatory naby San Jose,vir laser syne so swak as 100 Watt vanaf sterre 40 trilljoen kilometres weg soek.





** Vanoggend van 09:00 tot 10:00 UTC kan jy deelneem aan die Suid-Afrikaans Radioliga se JD (Jong Dames) Naelloop. Hierdie is 'n genotvolle aktiwiteit om Nasionale Vrouedag te vier. 'n RS verslag en JD of OK (Ou Kêrel) word uitgeruil. Dit is 'n foon naelloop op 40 meter (7 063 tot 7 100 en 7 130 tot 7 200 kHz). Kontakte tussen JD stasies tel 5 punte. Kontakte tussen JD en OK stasies tel 3 punte en kontakte tussen OK stasies tel 1 punt. Logstate moet teen 15 Augustus ingedien word per epos aan zs4bfn@gmail.com.



** Die Internasionale Vuurtoring en Ligskip Naweek is 'n 48 uur gebeurtenis wat plaasvind op 15 en 16 Augustus met sowat 438 vuurtoring en ligskepe geregistreer. Suid-Afrika het 14 vuurtorings geregistreer vir die geleentheid. Kyk uit vir ZS1FUN vanaf Dasseneiland, IOTA AF-064 en vuurtoring ZA-0030.



** Die Suid-Afrikaanse Radioliga HF Digitale Kompetisie sal plaasvind op Sondag 16 Augustus met dieselfde reëls as die HF Foon Kompetisie wat verlede Sondag gehou is - hierdie keer is dit PSK31 en RTD aktiwiteit op 20, 40 en 80 meter. Raadpleeg die SARL Blouboek vir die toepaslike frekwensie afdelings om te gebruik.





** Aansoeke om lidmaatskap van die SARL is van die volgende persone ontvang:

· ZR6RA: Gordon Albert Prentice

· ZR6GA: Greg De Bruno Austin

· ZSL1166: Karin Duvel



Enige besware teen die aanvaarding van lidmaatskap-aansoeke moet die Sekretaris bereik voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin.



Lidmaatskap van die SARL is tans 1236 plus 36 geaffilieerde klubs.



** Resultate van die winter QRP kompetisie.



9 logs and 1 waarmerkstaatwas ontvang, die resultate is soos volg:



1ste. West Rand ARK ZS6WR 976 punte

2de. Pretoria ARK ZS6PTA 720 punte

3de. Hammies ARK ZS6ZU 714 punte

4de. Johan van Zijl ZS4DZ 392 punte

5de. Andre Le Roux ZS2AL 273 punte

6de. Port Elizabeth ARK ZS2PE 189 punte

7de. Heather Holland ZS6YE/5 75 punte

8ste. Stephen van Jaarsveldt ZS6SVJ 18 punte.



Die Hammies Klub, wat deur die jongelinge gewerk word, verdien ʼn applous, hulle het baie goed gevaar.





Resultate vir die top band kompetisie.



Slegs 3 logs was ontvang en die resultate is soos volg:



1ste Johan van Zijl ZS4DZ 163 punte

2de. Mitchel Mynhardt ZS6YH 148 punte

3de. Romeo Nardini ZS6ARQ 74 punte



Waar was die ander logs?



** in die week se HF voorplantingsverslag aan ons gebring deur Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig Hannes dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Groeiende sonvlek AR2396 het 'n komplekse magnetiese samestelling en kan ‘nbron van M-klas sonfakkels wees.



Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 48 vir die week gebruik.



Amateurs kan veral laatmiddag en gedurende die aande goeie openinge op die 20 tot 15 m DX bande verwag.



Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.



En nou vir die dagboek van gebeure



9 Augustus - die Suid-Afrikaanse Radioliga JD Naelloop

15 en 16 Augustus - die Internasionale Vuurtoring en ligskip naweek

16 Augustus - die Suid-Afrikaanse Radioliga HF Digitale kompetisie

20 Augustus - sluitingsdatum vir artikels vir die September Radio ZS

22 Augustus - Amateurradio in Aksie by die NARS

30 Augustus - die Suid-Afrikaanse Radioliga HF gelykgolf kompetisie



Om hierdie bulletin te beëindig, 'n herhaling van ons belangrikste items in die nuus vanoggend.



** SARL lidmaatskap loop van 1 Julie tot 30 Junie die volgende jaar. Om dit maklik te maak vir lede, word die name van diegene wat nie hernu het nie, eers uit die databasis gehaal aan die einde van Augustus.

Hernuwingskennisgewings sal gedurende hierdie week uitgestuur word. Sou jy nie hernu voor 30 Augustus nie, sal jy nie meer 'n lid wees nie.



** Nick Dreyer, ZS6NCK is nuut aangestel as die SARL Radio Amateur Eksamen en Opleiding Bestuurder. Hy neem oor van Gideon Jannasch, ZS4GJA wat as raadslid bedank het as gevolg van werkslading.



Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleidings op 7 082 kHz laer syband, deur Louis, ZS5LP, vanuit Durban asook op 7 205 en 17 660 kHz AM deur Sentech vanaf Meyerton. Daar is ook verskeie herleidings op BHF- en UHF-frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 3 230 kHz plaas.



Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.



Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Etienne naude ZS6EFN geredigeer deur Ryan Gibson, ZS6GGR, en gelees deur ...........................................................



Die Afrikaanse nuus span groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens



73's en dankie dat u ingeskakel het



/ EX



Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003